Afrikaans 1
In hierdie kursus val die klem op die bestudering van prosa-, poësie en dramatekste. Bepaalde studietemas uit die Afrikaanse taal- en letterkunde word bestudeer en studente word inleidend aan narratologiese begrippe blootgestel.
Die kursus bestaan uit twee vraestelle waarvan een in Junie en een in November geëksamineer word.
Afrikaans 1: Voorgeskrewe tekste vir 2006
Vraestel 1 (Junie)
NARRATOLOGIE
Tekste sal in die loop van die jaar aanbeveel word.
PROSA (Teksstudie)
Jeanne Goosen, 'n Pawpaw vir my darling (Kwela-uitgewers)
Mark Behr, Die reuk van appels (Queillerie)
Kirby van der Merwe, Klapperhaar slaap nie sag nie (Human & Rousseau)
POËSIE (Teksstudie)
André P. Brink (red.), Groot verseboek 2000 (Tafelberg)
Studietemas
Die plaasroman
Etienne van Heerden, Toorberg (Tafelberg)
Vraestel 2 (November)
PROSA (Teksstudie)
Abraham H. de Vries (red.), Die Afrikaanse kortverhaalboek (Human & Rousseau)
POËSIE (Teksstudie)
André P. Brink (red.), Groot verseboek 2000 (Tafelberg)
Ander tekste sal in die loop van die jaar aanbeveel word.
DRAMA (Teksstudie)
Reza de Wet, Vrystaat-trilogie (HAUM-Literêr)
STUDIETEMAS
Literatuur van die lae lande
Willem Frederik Hermans, Het behouden huis (Academica)
Let wel: Hierdie teks sal aan studente voorsien word.
Grensliteratuur
Alexander Strachan, 'n Wêreld sonder grense (Tafelberg)
Ekologie en literatuur
Johann Lodewyk Marais & Ad Zuiderent, Ons klein en silwerige planeet (J.L. van Schaik, Akademies)
André P. Brink (red.), Groot verseboek 2000 (Tafelberg)
Aanvullende tekste sal in die loop van die jaar aanbeveel word.
Betrokkenheid en literatuur
Multatuli, Max Havelaar (Pandora) Let wel: Hierdie teks sal aan studente voorsien word.
André P. Brink (red.), Groot verseboek 2000 (Tafelberg)
Ander tekste sal in die loop van die jaar aanbeveel word.
