Afrikaans en Neerlandistiek
Afrikaans and Netherlandic Studies
Afrikaans, one of the most widely spoken languages in South Africa, is the mother tongue of almost six million people. Currently, fifteen million South Africans can express themselves in Afrikaans, which has roots in Europe, the East and Africa. Afrikaans has an international dimension in that Dutch, an official language in Suriname, the Netherlands and in Belgium and one of the 11 languages of the European parliament, is accessible to speakers of Afrikaans. Afrikaans and Netherlandic studies at Rhodes aims to introduce students to the South African as well as the international literary discourse via topical contemporary literary texts covering themes such as Literature & Ecology, Politically Engaged Literature, Cabaret, Gay and Feminist Literature, etc. Post-graduate courses can be followed at Honours, Masters and PhD levels.
En ek kan rock in my taal
Ek maak amok in my taal
Ek kan skok in my taal
Ek kan rock in my taal
My asem gly deur my taal
Ek word verlei deur my taal
En ek kan vry in my taal
Ek kan rock in my taal
Ek maak lawaai in my taal
Ek word so kwaai in my taal
Ek kan jou braai in my taal
En ek kan rock in my taal
Amanda Strydom
Van die plaasroman tot gay-letterkunde, van Eybers tot Hambidge, van Opperman en Breyten tot Gert Vlok Nel en Koos Kombuis, bied ons kursusse iets vir elke smaak.
By ons sal jy leer hoe werk 'n gedig, 'n roman, 'n drama, 'n kabaretteks, 'n filmdraaiboek. Jy sal kennis maak met die belangrikste en opwindendste beskouings en teorieë oor die letterkunde -- van die vroegste tye tot vandag. Jy sal insigte en vaardighede verwerf wat vir jou van onskatbare waarde sal wees, ook in die studie van letterkunde in ander taalkursusse (om nie van vakke soos Drama en Joernalistiek te praat nie). En deur die studie van Nederlands sal jy ook kennis maak met van die opwindendste internasionale literatuur -- sonder dat jy 'n nuwe taal hoef aan te leer!
Maar die belangriste van alles is dat ons studente ons kursusse gate uit GENIET!
Volg gerus die skakels aan die linkerkant om meer van ons kursusse te wete te kom. Skryf aan ons by languages@ru.ac.za, bel ons by (046) 603-8222, of kom gesels sommer met ons op die boonste verdieping van die New Arts Block (die gebou met die Jacaranda-rekenaarlaboratorium).
Maar wees gewaarsku: as die Afrikaans-gogga jou eers gebyt het, laat hy nie sommer los nie!
