Rhodes University Logo
Rhodes > Afrikaans and Netherlandic Studies > Personeel en kontakbesonderhede > Ilse de Korte

Ilse Carla de Korte (Hoof van Afrikaans en Neerlandistiek)

BA (UK) 1997, BA Hons (UK) 1998, MA (UK) 2001, PhD (UK) 2005

MA (Hoër Onderwys) (UK) Word tans voltooi

 

Navorsingsbelangstellings en spesialiteitsvelde

  • Akademiese Geletterdheid en Ontwikkeling
  • Kurrikulumontwerp
  • Literêre Semantiek (mite en simboliek)
  • Die konsep van die Primordiale in Letterkunde
  • Afrikaanse en Nederlandse prosa en poësie
  • Kulturele Geheue
  • Teksanalise (Film, media en letterkunde)

 

Kontakbesonderhede:

Epos: i.dekorte@ru.ac.za

Profiel

Ilse de Korte (nee Groenewald) studeer drama en tale aan die Universiteit Kaapstad.  As deel van haar Meestersgraad, studeer sy vir ‘n jaar aan die Universiteit Leiden in Nederland.  Sy doen ‘n verdere 6 maande se navorsing vir haar PhD oor mite en ideologie aan die Radboud Universiteit, Nijmegen.  Terwyl sy aan haar PhD werk, gee sy klas aan die Universiteit Kaapstad en in 2006 gaan gooi sy ‘n draai in Pole by die Adam Misckiewicz Universiteit in Poznan, waar sy Suid-Afrikaanse studies aanbied.  In 2007 trek sy Pretoria toe waar sy vir vier jaar klasgee by Unisa.

In 2011 keer sy terug Kaap toe en werk as Ontwikkelingsreadkteur by Oxford University Press, wat haar belangstelling in die Hoër Onderwys prikkel.  Daarom keer sy in 2014 terug na die UK om ‘n Meesters in Hoër Onderwys te doen.  Sy spesialiseer daar in akademiese geletterdheid en kurrikulumontwerp en bring ‘n skryfsentrum by die Besigheidskool op die been.

Aan die begin van 2016 trek sy saam met haar man en toe twee maande oue babatjie Grahamstad toe om aan te sluit by Rhodes Universiteit as departmeentshoof van Afrikaans en Neerlandistiek.

Sy is ook die skrywer van die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra, Afrikamasutra wat in 2013 verskyn en in 2014 Unisa se Hidding-Currie Toekenning vir Akademiese Uitnemendheid ontvang.  Haar eerste chick-lit, Die jaar toe Emma begin kook het, verskyn in 2015.

Boeke en bydraes tot boeke

2015

  • Mei 2015, Die jaar toe Emma begin kook het, Kaapstad: Tafelberg.

2014

  • Afrikamasutratjie, verkorte weergawe van die  Afrikamasutra uitgegee deur Unisa Press.

2013

  • Afrikamasutra, Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra uitgegee deur Unisa Press as deel van hul Klassieke Reeks.  Ewekniebeoordeling deur Proff. Andries Oliphant (Unisa) and Henning Pieterse (UP).

2010

  •  “She falls to pieces” in Inventory of Possible Narrations.  Fictionalisation of the life of Ingrid Jonker.  Red. Benda Hofmeyr en Paul Hendricks.

 

Ander Publikasies

2011

  • April 2011, Echinox Journal, for the 5th International Conference of the Myth Study Group held in Grenoble, France.   “Ghosts, Revenants and Talking Heads in Ingrid Winterbach’s Niggie: A Jungian-Tarot Perspective.”

2010

  • Junie 2010, Interdisciplinary.Net Conference Journal for the 7th International Conference on Monsters and the Monstrous. (Harde kopie van slegs sewe uitgesoekte referate, herwerk en verleng) “The monstrous madness of Koert Spies in Eben Venter’s Horrelpoot”.

2009

  • Oktober 2009, Interdisciplinary.Net E-boek for the 7th International Conference on Monsters and the Monstrous. “The monstrous madness of Koert Spies in Eben Venter’s Horrelpoot”.
  • September 2009, Stilet, Volume 21, Uitgawe 2, Gedigte “Vervreemding” and “Ateljeefoto”.

 

2008

  • “Die problematiek van onthou: Die proses van herinnering in Antjie Krog se Country of My Skull.”  Journal of Literary Studies Volume 24 nommer 4 Desember 2008.

Last Modified :Wed, 29 Mar 2017 11:28:28 SAST