Voorgraadse Kursusse
Afrikaans 1(P)
Afrikaans I (Professional) is a one-year course with the emphasis on the development of written and oral proficiency in Afrikaans as used in a professional environment.
Afrikaans I(P) will not necessarily be offered in any particular calender year.
Afrikaans 1
In hierdie kursus val die klem op die bestudering van prosa-, poësie en dramatekste. Bepaalde studietemas uit die Afrikaanse taal- en letterkunde word bestudeer en studente word inleidend aan narratologiese begrippe blootgestel.
Die kursus bestaan uit twee vraestelle waarvan een in Junie en een in November geëksamineer word.
Kursusstruktuur en voorgeskrewe tekste
Afrikaans en Nederlands 2
Studente wat Afrikaans en Nederlands 1 geslaag het, word toegelaat om vir Afrikaans en Nederlands 2 in te skryf. In hierdie kursus val die klem op literatuur uit die Sestiger- en Sewentigerjare, terwyl bepaalde studietemas uit die Afrikaanse en Nederlandse taal- en lettekunde ook behandel word.
Die kursus bestaan uit twee vraestelle waarvan een in Junie en een in November geëksamineer word. 'n Student sal Afrikaans en Nederlands 2 slaag indien 'n gemiddelde punt van vyftig persent behaal word.
Kursusstruktuur en voorgeskrewe tekste
Afrikaans en Nederlands 3
Studente wat Afrikaans en Nederlands 2 geslaag het, word toegelaat om met Afrikaans en Nederlands 3 voort te gaan. In hierdie kursus val die klem op literatuur sedert die Tagtigerjare, terwyl bepaalde studietemas uit die Afrikaanse en Nederlandse taal- en lettekunde ook behandel word.
Die kursus bestaan uit vier vraestelle waarvan twee in Junie en twee in November geëksamineer word. 'n Student sal Afrikaans en Nederlands 3 slaag indien 'n gemiddelde punt van vyftig persent behaal word.
Kursusstruktuur en voorgeskrewe tekste
