Rhodes se nuwe kanselier eens petroljoggie

Talle mylpale staan soos bakens op die pad wat regter Lex Mpati van petroljoggie tot kanselier gevolg het. Mpati, wat hegte bande met die Oos-Kaap en veral Grahamstad het, is onlangs as wyle prof. Jakes Gerwel se opvolger as kanselier van Rhodes-universiteit aangewys.

Ten spyte van moeilike grootwordjare het Mpati bo sy omstandighede uitgestyg om indrukwekkende hoogtes to bereik en sy lewe word deur baie as 'n simbool van hoop beskou, het die universiteit in 'n verklaring gese. Mpati het dikwels vertel die onregverdigheid wat by as petroljoggie ervaar het, het hom gemotiveer om regte to gaan studeer in 'n poging om 'n verskil to maak in die verdeelde samelewing waarin by grootgeword het.

Ten spyte van sy betrokkenheid by talle instansies, het by deur die jare  noue band met die universiteit behou. "Hy is lief vir Rhodes en het gereeld hier besoek afgele om die studente to inspireer en hulle to vermaan om hul kennis en vaardighede to gebruik in die belang van die bevordering van geregtigheid en menseregte," het dr. Saleem Badat, vise-kanselier, gese.

"Mpati is 'n hoogs intelligente en nederige man van inbors en is 'n uitstekende rolmodel vir Rhodes se studente." Mpati het in 1967 aan die Mary Waters High School in Grahamstad gematrikuleer. Hy het sy BA-graad in regsteorie en Xhosa in 1982 voltooi. In 1984 het by vir sy LLB gestudeer en was by die tweede Swart student wat die graad aan Rhodes verwerf het.

Na sy studies het by van 1985 tot 1989 as prokureur in Grahamstad gewerk en daarna as advokaat, hoofsaaklik vir die Legal Resources Centre, waar by baie betrokke was as kampvegter vir menseregte in die Oos-Kaap. Hy is in 1997 tot die regbank verkies, was van 2000 'n regter van die appelhof en Bien sedert 2008 as die president van die hoogste appelhof.

In 2004 het Rhodes en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) aan hom 'n eredoktorsgraad toegeken. Hy was van 1996 tot 2008 'n lid van die Rhodes-raad. Hy het nog nooit 'n akademiese pos beklee nie, maar was betrokke in regsopvoeding- en opleiding.

Hy het opgetree as eksterne eksaminator vir Rhodes se fakulteit vir regsgeleerdheid, was moderator van die nasionale balie-eksamen, is 'n lid van die Regterlike Komitee vir Onderwysbeplanning en is 'n buitengewone professor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Mpati is getroud en die egpaar het twee seuns en twee dogters.

Foto: VERSKAF

Tinneke Goedhals

Die Burger