Nagraadse studie

Honneurs

‘n Student met ’n aanvaarbare agtergrond in Afrikaans en Nederlands 3 kan met die toestemming van die Dekaan inskryf vir ’n Honneurskursus in óf Afrikaans óf Afrikaans en Nederlands. Die kandidaat kies, in oorleg met die betrokke dosente, vyf studie-onderwerpe uit ’n lys wat jaarliks van die Afdeling aangevra kan word. Die eksamen bestaan uit vyf vraestelle, waarvan een vervang mag word deur ‘n mini skripsie (sowat 10 000 woorde) wat teen 30 September ingelewer moet word.

Voorbeelde van studie-onderwerpe sluit in:

  • Trauma, Herinnering en Narratief
    • Kamphoer, Francois Smith
    • Sirkusboere, Sonja Loots
    • Die distopie van die plaas en platteland in die oeuvre van Eben Venter
    • Hennie Aucamp as dekadent – ‘n blik op die oeuvre van Hennie Aucamp
    • Jeugliteratuur
    • Die konsep van die primordiale in die letterkunde – teks en filmstudie
    • ‘n Psigoanalitiese benadering tot poësie met verwysing na die Lacaniaanse subjekteorie
    • Literêre Semantiek – teksanalise deur middel van die mite en simbool.  Tekste word in oorleg met die student gekies.
    • Nederlandse prosa
    • Die nar van God – alter ego’s, skadufigure en hermafrodiete in die werk van Etienne Leroux

MA-kursus: Gedoseer

Die MA-kursus (gedoseer) bestaan uit 5 komponente.  In die eerste jaar word 4 modules, wat in oorleg met die Afdelingshoof gekies word, voltooi.  Jaar twee bestaan uit ‘n mini-skripsie van ongeveer 30 000 woorde oor ‘n goedgekeurde onderwerp uit die Afrikaanse en/of Nederlandse literatuur, Taalkunde of Literatuurwetenskap. Gereelde seminare word aangebied, maar 'n hoë mate van selfstandige navorsing word van die kandidaat verwag.   

MA-kursus: Verhandeling

Ter verkryging van die MA-graad moet die kandidaat ’n verhandeling voorlê waarvan die onderwerp vooraf deur die Fakulteitsraad goedgekeur is, en wat die resultate van oorspronklike navorsing bevat. Die student sal ook bereid moet wees om n.a.v. die verhandeling ’n mondelinge eksamen in Afrikaans of in Afrikaans en Nederlands af te lê, indien dit nodig geag word.

Doktorsgraad

Inligting oor doktorale studie is verkrygbaar van die afdelingshoof.

Last Modified: Mon, 09 Sep 2019 09:31:08 SAST