Rhodes>Afrikaans en Neerlandistiek>Voorgraadse kursusse

Afrikaans en Nederlands 2

Afrikaans  en  Nederlands  2  explores  the  academic  study  of  prose,  poetry  and  drama   (including   media   texts).   Specific   focus   areas  such  as  gender,  engaged  literature,  texts  for  film  and  television,  popular  fiction,  the  history  of  Afrikaans, ecology and postcolonialism are covered. Students are also introduced to Dutch language and literature as an invaluable and easily accessible entry point  to  the  exploration  of  international  culture  and  intellectual  currents.  Basic  narratology  is  a  fundamental part of the course.

Entrance requirements:  Students must be 2nd-year level students and should usually have passed at least two  1st-year  Humanities  subjects  and  have  passed  Afrikaans as Home or First Additional Language at Matric level.

Kursussamestelling in 2021

Eerste semester 

  1. KORT VOOR LANK
    Afrikaanse kortprosa en narratologie

    14 lesings
    Hoe lees ‘n mens prosa? Daaroor kan kortverhale ons baie leer. In hierdie kursus lees en bespreek ons ʼn verskeidenheid kortverhale uit die Afrikaanse kanon. Ons maak kennis met narratologiese elemente soos vertelperspektiewe, karakters, ruimte en dialoog. So kom ons agter hoe verhale aanmekaargesit is en hoe ons hulle kan ontleed om ons leeservaring interessanter te maak. Ons kry ook ‘n beeld van hoe die Afrikaanse prosa oor die afgelope honderd jaar ontwikkel het.
    Tekste word verskaf.


  2. HOE RYM DIT?
    Inleiding tot die Afrikaanse poësie
    14 lesings
    Hoe “werk” poësie? Hier ondersoek ons die taal van poësie. Ons leer gedigte lees, interpreteer en ontleed. En ons kom agter dat dit nie altyd rym nie.
    Tekste word verskaf.

  3. OP DIE PLANKE
    Afrikaanse verhoogdrama

    12 lesings

  4. AGTER DIE SKERMS
    Tekste vir radio, televisie en film
    10 lesings
    Ons ontdek hoe films, tv-dramas en radioverhale ook “gelees” word en kyk hoe lyk die tekste wat deur skrywers vir dié media geproduseer word.
    Tekste word verskaf.

  5. SPOKE EN TOWENAARS
    Magiese realisme en die nuwe plaasroman
    8 lesings
    Op die plaas Toorberg kan die voorgeslagte nie tot ruste kom nie. Want ‘n boormasjien raas en grou onverbiddelik tot diep onder die heilige grond ­­– terwyl ‘n vreemde magistraat die sondes van die Moolman-familie oopvlek.
    Voorgeskrewe teks: Etienne van Heerden, Toorberg

Tweede semester

  1. ´n BRUG TUSSEN AFRIKA EN EUROPA
    Inleiding tot Nederlandse taal en kultuur
    12 lesings
    Tekste word verskaf.


  2. KÔ LAAT ONS SING
    Afrikaanse pop en rock
    12 lesings
    Tekste word verskaf.

  3. VAN HOEPELROK TOT ROKKELOOS
    Vrouestemme in die Afrikaanse prosa en poësie
    18 lesings
    In hierdie kursus maak ons kennis met Afrikaanse prosa en poësie wat geskryf is deur vroue. Die belangrikste stemme se bydraes tot die Afrikaanse letterkunde word bespreek na aanleiding van relevante teoretiese begrippe, temas en motiewe. Dit sluit in historiese, sowel as hedendaagse relevante onderwerpe.
    Voorgeskrewe tekste sal later bekend gemaak word.


  4. OP SOEK NA DIE SELF: ETIENNE LEROUX SE SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS
    6 lesings
    Die jong Henry van Eeden bring sewe dae deur op die weelderige wynplaas Welgevonden, wat behoort aan die familie van sy aanstaande bruid Salome Silberstein. Die besoek is veronderstel om Henry in te lyf in die leefwyse van die Silbersteins en die geheimsinnige kuns van wynmaak. Elke aand woon hy die een uitspattige, absurde partytjie na die ander by, en dít bied die agtergrond vir Henry se oorgang van onkunde en onskuld tot bewustheid, asook sy inisiasie in die kompleksiteit van goed en kwaad.
    Voorgeskrewe teks: Etienne Leroux, Sewe dae by die Silbersteins


  5. LITERATUUR VAN DIE LAE LANDE
    Inleiding tot die lees van Nederlandstalige tekste
    11 lesings
    Tekste word verskaf.

Last Modified: Thu, 11 Mar 2021 19:24:00 SAST

Rhodes>Afrikaans en Neerlandistiek>Voorgraadse kursusse

Afrikaans en Nederlands 3

In  Afrikaans  en  Nederlands  3,  specialised  areas  of  knowledge,  including  the  most  recent  developments  in  Afrikaans  and  Dutch  literature and culture, are studied.

BESONDERHEDE VAN DIE KURSUS VIR 2020 VOLG

Last Modified: Tue, 04 Feb 2020 07:32:15 SAST