Nuwe uitgawe van Afrikaanse taalbron bekend gestel

Professor Wannie Carstens het op 28 Junie 2011 die vyfde uitgawe van Norme vir Afrikaans bekend gestel in 'n spesiale geleentheid by Interactions and Interfaces, 'n konferensie oor taalkunde wat by Rhodes University plaasgevind het. Hierdie boek het in 1999 vir die eerste keer verskyn.

 Professor Carstens s? dat hy het destyds die boek geskryf met die doel dat dit gebruik word as ‘n hulpbron vir sy studente se taalgebruik. Hy het ’n spesifieke raamwerk gesoek wat doeltreffend in taalgebruik sal werk en dit toe in die boek gesit.

Alhoewel hierdie boek spesifiek vir studente geskryf is, het dit ook ’n praktiese nut vir die algemene publiek wat belangstel om Afrikaans te leer. Hierdie boek is ook gewild in die onderwys waar dit gebruik word vir opleiding. Dit is ’n handboek en word so bemark. Die boek besit ’n volledige beskrywing van Afrikaanse taalgebruik en is opgedateer tot en met Julie 2010. Hierdie is die jonkste bygewerkde boek van Afrikaanse taalkunde wat tans op die rakke sit.

Professor Carstens het verduidelik dat hierdie boek ’n wye studie van voorgeskrewe norme bevat. Die fokus is om gebruikers te help onderskei tussen die regte en verkeerde Afrikaanse taalgebruik. Hy het in die boek verskeie taalgebruik probleme bespreek en verdere verwysings na ander hulpbronne gegee.

Hy het ’n leemte in die mark opgemerk en vir daardie bepaalde mark geskryf. Die taalkundiges by die konferensie is juis die regte mark vir hierdie boek. Daar is geen wonder dat hierdie die mees verkoopde boek oor taalkunde in Afrikaans is nie.

Artikel en foto deur Ju-ann Hockly