Mpati nou kanselier van Rhodes

Regter Lex Mpati wou nog daaroor nadink of hy die Rhodes-universiteit se nuwe kanselier sal word, toe vra sy vrou horn: "Wat is daar om oor na te dink?" Maar daar was iets belangriks - sou dit nie met sy rugbyverpligtinge bots nie?

Met die stone het Mpati, regter-president van die appelhof in Bloemfontein, die teenwoordiges Donderdag by sy inhuldiging as nuwe kanselier van Rhodes-universiteit in Grahamstad 'n persoonlike blik op sy lewe gegee. Ook hoe hulle as studente in die apartheidsjare behoorlik moes spook om onder meer "gemengde" rugby te kon speel.

"Ek vertel julle hierdie dinge om te wys watter kaliber student hierdie universiteit gekweek het. Dit was mense wat nie alleen kennis opgedoen het nie, maar ook karakter gebou het om 'n onregverdige bestel die stryd te kon aanse," het Mpati, wat die grade B.A. (1981) en LLB. (1983) aan Rhodes behaal het, gese.

Binne die demokrasie wat die land nou geniet, het die fokus verskuif, het hy bygevoeg. Vir horn is die belangrikste prioriteit om iets aan werkloosheid en armoede te probeer doen. Waar Rhodes in die apartheidsjare 'n baken van hoop vir die swart gemeenskap was, is die vraag nou of universiteite 'n rol kan speel om die uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid te pak, het Mpati gese.

Hy het na 'n vorige toespraak van dr. Saleem Badat, visekanselier van Rhodes, verwys waarin hy genoem het dat China se "ekonomiese wonderwerk" grootliks steun op hoogs opgeleide en geskoolde werkers. "Hieruit blyk dit dat naskoolse opleiding en onderrig kritiek is vir ekonomiese groei en die toekoms van enige ontwikkelende nasie," het Mpati beklemtoon.

"Hoer onderrig het groot maatskaplike en politieke waarde . . . en dra by tot goeie regering." Mpati het ook hulde aan sy voorganger, wyle prof. Jakes Gerwel, gebring. "Ek het horn leer ken as 'n betroubare mens en as 'n leier waarop jy kon steun. Ek is seker die hele Rhodes-gemeenskap besef hoe bevoorreg hulle was om horn as kanselier van hierdie universiteit te kon he."

Die wereldbekende musikant Vusi Mahlasela en dr. Carol Hof meyr, 'n mediese dokter wat onder meer 'n MIV-tuisprogram naby Port Alfred op die been gebring het onder die vaandel van die Umtha Welanga-MIV/vigssentrum, is by dieselfde geleentheid met twee eredoktorsgrade vereer.

Dr. Saleem Badat, visekanselier van die Rhodes-universiteit (heel links), hou 'n wakende ogie terwyl dr. Stephen Fourie, registrateur (heel regs), regter Lex Mpati as Rhodes se nuwe kanselier inhuldig.

By Mariska Spoormaker

Foto: KODAK

BURGER (Oos Kaap), Saterdag